Koperstreep-ghieliemientjie

Die Koperstreep-ghieliemientjie (Barbus multilineatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunenerivier, Okavangorivier en die boonste en middelste gedeeltes van die Zambezi- en Kafueriviere. Dit kom ook voor in die Kongorivier naby die Bangweulu-meer in Zambië. In Engels staan die vis bekend as Copperstripe barb.

Koperstreep-ghieliemientjie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. multilineatus
Binomiale naam
Barbus multilineatus

Voorkoms

wysig

Die vis het 'n kort lyf met twee pare baarde om die bek en word slegs 45 mm lank. Die vis is olyfbruin aan die bokant met silwer kante. Die voorste straal in die dorsale vin is swart terwyl die vinne geel is. Daar is 'n donker streep vanaf die punt van die snoet tot by die basis van die stertvin. Daar is drie skadu strepe bo en twee onder die hoof streep. Gedurende die broeityd kry die mannetjies 'n helder koper horisontale band oor die hele lyf.

Habitat

wysig

Die vis leef in vlak water, vloedvlaktes en aan die kante van riviere wat vol plantegroei is.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakel

wysig