Langstert-stekelpaling
Die Langstert-stekelpaling (Aethiomastacembelus frenatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Kafuerivier. Hulle kom ook voor in die Kongorivier en Victoria- en Tanganjikamere. In Engels staan die vis bekend as die Longtail spiny eel.
Langstert-stekelpaling | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Travers, 1988
|
Spesie: | M. frenatus
|
Binomiale naam | |
Aethiomastacembelus frenatus | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
wysigDie lyf is lank, slank en palingagtig met die kop en stert gepunt. Die lippe is dik en vlesig. Die vis is bruin met 'n fyn patroon op die stert gedeelte. Die vis word tot 310 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in plante langs die kante van vinnig vloeiende riviere. Hulle word ook in rots skeure gevind. Die vis vreet insekte en klein ongewerweldes.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
wysig- ↑ IUCN (en)
- ↑ Boulenger, G. A., 1901. Diagnoses of new fishes discovered by Mr. J. E. S. Moore in lakes Tanganyika and Kivu. Annals and Magazine of Natural History (Series 7) v. 7 (núm. 37): 1-6.
- ↑ Catalogue of Life Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine (en)