Knoppiesboontjie
Die knoppiesboontjie (Maerua angolensis) is 'n boom wat voorkom in die laagliggende gedeeltes in die oostelike bosveldstreke vanaf die suide van KwaZulu-Natal tot in Noord-Afrika.[1] Die boom se FSA-nommer is 132.[2]
Knoppiesboontjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Brassicales |
Familie: | Capparaceae |
Genus: | Maerua |
Spesie: | M. angolensis
|
Binomiale naam | |
Maerua angolensis DC., 1824
|
Beskrywing
wysigDie boom se stam is liggrys tot bruin en is glad. Die blare is enkelvoudig en dun met 'n blaarsteel wat byna net solank soos die blaarskyf is. Die vrugte van die boom lyk soos stringe krale.[3]
Subspesies
wysigDaar is vier subspesies:[4]
- Maerua angolensis var. africana Kers
- Maerua angolensis subsp. angolensis
- Maerua angolensis var. heterophylla Welw. ex Oliv.
- Maerua angolensis subsp. socotrana (Schweinf. ex Balf.f.) Kers
Verspreiding
wysigDie boom is inheems aan die volgende lande: Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Jemen, Kenia, Kameroen, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sokotra, Somalië, Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 48. ISBN 978-1-77007-759-1.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Moll, Eugene (2013). Watter Boom is dit?. ISBN 978-1-77007-832-1.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:147645-1