Namakwa-ghieliemientjie

(Aangestuur vanaf Namaquacypris hospes)

Die Namakwa-ghieliemientjie (Namaquacypris hospes) is 'n varswatervis wat in die Oranjerivier onder die Augrabieswaterval voorkom. In Engels staan die vis bekend as Namaqua barb.

Namakwa-ghieliemientjie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
N. hospes
Binomiale naam
Namaquacypris hospes
(Barnard), 1938
Sinonieme
  • Barbus hospes Barnard
  • Enteromius hospes (Barnard)
  • Pseudobarbus hospes (Barnard)

Voorkoms

wysig

Die vis het 'n slanke lyf met die dorsale vin agter op die rug en die stertvin is diep gevurk. Die bek is klein met twee pare baarde om. Die vis is gryswit of wit oor sy hele lyf en die vinne is kleurloos. Die vis word tot 75 mm groot.

Habitat

wysig

Die vis leef in oop water in die hoofstroom en vreet soöplankton en waterinsekte.

Bewaring

wysig

Die vis word bedreig maar trek voordeel uit die feit dat water meer konstant vloei in die Oranjerivier as gevolg van die groot hidroëlektriese skemas in die Gariepdam en Vanderkloofdam.

Sien ook

wysig

Eksterne skakel

wysig