Natalse kraaibek
Die Natalse kraaibek (Oplegnathus robinsoni) is 'n vis wat endemies is aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek. Hulle kom noordwaarts vanaf Transkei voor. In Engels staan hulle bekend as die Natal Knifejaw.
Natalse kraaibek | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. robinsoni
|
Binomiale naam | |
Oplegnathus robinsoni Regan, 1916
|
Voorkoms
wysigDie vis is grysbruin met 'n groot, tweede dorsale vin. Die vissies is geel wanneer hulle klein is met vier swart strepe oor die lyf. Die tande is deel van die bek om sodoende organismis te kan afskeur. Die vis word tot 60 lank en 3 kg swaar.
Habitat en gewoontes
wysigHulle kom voor in riwwe naby die kus. Hulle is ook volop in die St Luciameer.
Sien ook
wysigBron
wysig- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.