Natalse maanskynvis
Die Natalse maanskynvis (Monodactylus argenteus) kom voor in die Indies-Pasifiese gebied en ook aan die ooskus van Afrika, van Oman tot by die Breederivier in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Natal moony of die Round Moony.
Natalse maanskynvis | |
---|---|
Natalse maanskynvis (Monodactylus argenteus) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. argenteus
|
Binomiale naam | |
Monodactylus argenteus (Linnaeus, 10de uitgawe van Systema Naturae1758)
| |
Sinonieme | |
Acanthopodus argenteus
|
Voorkoms
wysigDie vis is silwerig en word nie langer as 25 cm nie. Die punte van die dorsale- en anale vinne kan geel, donkergeel of swarterig wees. Die onvolwasse visse is donkersilwerig met twee donker strepe vertikaal oor die kop.
Habitat
wysigHulle kom voor in water met sanderige of rotsagtige omgewings; die volwasse visse verkies riviere, strandmere en hawe-areas sowel as die see terwyl die onvolwasse vissies in varswater of strandmere kan voorkom. Die vis oorleef en broei maklik in 'n akwarium aangesien dit amper enige iets vreet.
Trivia
wysigPaul Skelton noem die vis die Rond-maanskynvis in sy boek A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7