Nieu-Nederland
Nieu-Nederland (Engels: New Netherland; Frans: Nouvelle-Néerlande; Latyns: Nova Belgica of Novum Belgium, letterlik: "Nieu-België"; Nederlands: Nieuw-Nederland) was tussen 1614 en 1667/1673–1674 'n kolonie van die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie (WIK) aan die ooskus van die hedendaagse Verenigde State van Amerika. Die kolonie se hoofstad was Nieu-Amsterdam wat in 1625 gestig is en nou bekend staan as New York Stad. Die opgeëiste gebied van Nieu-Nederland het vanaf die Delmarva-skiereiland in die noorde tot Kaap Cod in die suide gestrek en is in die hedendaagse Amerikaanse deelstate van New York, New Jersey, Delaware, Connecticut, Massachusetts, Vermont en New Hampshire asook klein buiteposte in Pennsilvanië en Rhode Island.
| |||||
| |||||
Kaart van Nieu-Nederland deur Nicolaes Visscher I (1618–1679) in 1656, herdruk in 1685 | |||||
Hoofstad | Nieu-Amsterdam 40°46′N 73°59′W / 40.767°N 73.983°W | ||||
Taal/Tale | Nederlands, Frans[1][2] | ||||
Godsdiens | Protestantisme | ||||
Regering | Republiek | ||||
Goewerneur | |||||
- 1620–1625 | Cornelius Mey | ||||
- 1625–1626 | Willem Verhulst | ||||
- 1626–1633 | Pierre Minuit | ||||
- 1633–1638 | Wouter van Twiller | ||||
- 1638–1647 | Willem Kieft | ||||
- 1647–1664 | Peter Stuyvesant | ||||
- 1673–1674 | Anthony Colve | ||||
- 1676 | Cornelis van Steenwijck | ||||
Historiese tydperk | Imperialisme | ||||
- Stigting | 1614 | ||||
- Stigting van eerste nedersettings | 1624 | ||||
- Verowering van Nieu-Amsterdam | 27 Augustus 1664 | ||||
- Verdrag van Breda | 23 Julie 1667 | ||||
- Nederlandse herowering | 9 Augustus 1673 | ||||
- Verdrag van Westminster | 19 Februarie 1674 | ||||
Geldeenheid | Ryksdaalder |
Nieu-Nederland is gestig en bestuur deur die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie vir die Noord-Amerikaanse pelshandel. Die hoofgebiede van nedersettings was Nieu-Amsterdam en langs rivere soos die Hudsonrivier, Delawarerivier en Connecticutrivier. Tydens die kolonie se eerste dekades was die vestiging van Nederlanders eerder stadig, veral weens die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie se wanbestuur en konflikte met Indiane. Die nedersetting van Nieu-Swede het die suidelike flank oorskry, terwyl die noordelike grens teruggetrek is om 'n uitgestrekte Nieu-Engeland te huisves. Gedurende die 1650's het die kolonie 'n dramatiese groei beleef en het 'n belangrike hawe vir handel in die Noord-Atlantiese Oseaan geword.
Die oorgawe van Fort Amsterdam aan Engeland van 1664 is in 1667 geformaliseer, wat bygedra het tot die Tweede Anglo-Nederlandse Oorlog (1665–1667). In 1673 het die Nederlanders die gebied weer oorgeneem, maar dit in die Tweede Verdrag van Westminster die volgende jaar afgestaan om die Derde Anglo-Nederlandse Oorlog (1672–1674) te beëindig. Die kolonie se hoofstad Nieu-Amsterdam is herdoop na New York en spore van die Nederlandse koloniale tyd is nog steeds sigbaar.
Die inwoners van Nieu-Nederland was Indiane, Europeërs en Afrikane, die laaste is hoofsaaklik ingevoer as slawe-arbeiders. Afstammelinge van die oorspronklike koloniste het 'n prominente rol in die koloniale geskiedenis van die Amerikas gespeel. Die belangrikste handelsware was pels en tabak.
Kaarte
wysig-
Deur die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie opgeëiste kuslyn en die belangrikste plekke
-
Die eerste kaart wat die naam "Nieuw-Nederland" gebruik, deur Adriaen Block (1567–1627) in 1614
-
Kaart van Nova Belgica et Anglia Nova deur Willem Blaeu (1571–1638) in 1635; noord is regs
-
Politieke situasie van Noord-Amerika in 1664, met Nieu-Engeland, Nieu-Frankryk en Nieu-Nederland asook Irokese
-
Die relatiewe ligging van Nieu-Nederland (Nieuw-Nederland) en Nieu-Swede (Nya Sverige) in die ooste van Noord-Amerika
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "The New Netherland Dutch". The People of Colonial Albany live here. Februarie 2003. Besoek op 1 Augustus 2017.
- ↑ (en) Shorto, Russell (27 November 2003). "The Un-Pilgrims — The New York Times". The New York Times (New York uitg.). p. 39. ISSN 0362-4331. Besoek op 1 Augustus 2017.
Verdere leesstof
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met New Netherland. |
- (en) Jaap Jacobs (2005): New Netherland. A Dutch Colony in Seventeenth-Century America, Leiden. ISBN 90-04-12906-5
- (en) Joyce Diane Goodfriend (red.) (2005): Revisiting New Netherland, perspectives on early Dutch America, Leiden. ISBN 90-04-14507-9