Blouhottentot

visspesie, endemies aan Suid-Afrika
(Aangestuur vanaf Pachymetopon aeneum)

Die blouhottentot (Pachymetopon aeneum) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en wat van Valsbaai tot by Sodwanabaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die blue hottentot.

Blouhottentot
By Rheeder se Rif in Tsitsikamma- Nasionale Park
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. aeneum
Binomiale naam
Pachymetopon aeneum
(Gilchrist & Thompson, 1908)
Sinonieme
  • Cantharus aeneus (Gilchrist & Thompson, 1908)
  • Cantharus natalensis (Gilchrist & Thompson, 1908)
  • Cantharus simus (Gilchrist & Thompson, 1909)[1]

Voorkoms

wysig

Die vis se lyf is silwerbrons met 'n blou skynsel en die kop is kobaltblou. Die kleure verdof na 'n bruingrys na die vis dood is. Die vis word 60 cm lank en 5 kg swaar.

Habitat

wysig

Die vis verkies rotsriwwe van tot 75 m diepte. Die onvolwasse visse bly nader aan die strand in water wat 10 – 20 m diep is. Die wyfies skiet kuit gedurende September tot Maart. Dit is 'n gewilde eetvis.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakel

wysig