Gespikkelde tongvis
(Aangestuur vanaf Pardachirus marmoratus)
Die Gespikkelde tongvis (Pardachirus marmoratus) is 'n vis wat in die westelike Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf die Persiese Golf tot by Durban voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Speckled sole.
Gespikkelde tongvis | |
---|---|
Pardachirus marmoratus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. marmoratus
|
Binomiale naam | |
Pardachirus marmoratus (Lacepède, 1802)
|
Voorkoms
wysigDie lyf is lig grondkleurig en die kop, lyf en vinne is bedek met bruin en swart kolletjies. By die basis van die dorsale en anale vinne is twee kliere wat 'n melkerige toksien afskei wat die vis onsmaaklik laat smaak vir roofvisse.
Habitat
wysigDie vis kom voor in die sanderige gedeeltes van koraalriwwe in water van 1 – 25 m diep.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7