Mya se klipvis
(Aangestuur vanaf Pavoclinus myae)
Die Mya se klipvis (Pavoclinus myae) is 'n vis wat voorkom tussen Algoabaai en Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Mya's klipfish.
Mya se klipvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. myae
|
Binomiale naam | |
Pavoclinus myae Christensen, 1978
|
Voorkoms
wysigDie vis is roesrooi met donker strepe oor die lyf en daar is 'n groot silwer kol agter die oë en op die basis van die pektorale vin. Daar is ook kleiner kolletjies op die onderkant en agter die oë terwyl vier strale uitstraal vanaf die oë. Die vis word tot 6 cm groot.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7