Balkstertplatkop
(Aangestuur vanaf Platycephalus indicus)
Die Balkstertplatkop (Platycephalus indicus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Mosselbaai voorkom. Die vis het ook deur die Suezkanaal gemigreer na die Middellandse See. In Engels staan die vis bekend as die Bartail flathead.
Balkstertplatkop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. indicus
|
Binomiale naam | |
Platycephalus indicus (Linnaeus, 10de uitgawe van Systema Naturae, 1758)
| |
Sinonieme | |
Platycephalus spathula |
Voorkoms
wysigDie vis het 'n lang lyf. Die volwasse vis is bruin of gryskleurig aan die bokant en wit aan die onderkant. Die stertvin is wit of geel met 2 - 3 horisontale swart strepe en word tot 1 m lank.
Habitat
wysigDie vis leef in beskutte kuswater en ook in riviermondings in water wat tot 25 m diep is. Hulle vreet garnale, krappe, wurms en vis. Die vis begrawe homself sodat net sy oë uitsteek. Die vis is eetbaar.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7