Plotosidae
Die Baberpalings (Plotosidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Siluriformes behoort. Daar is nege genera met twee en dertig spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor waarvan een endemies is.
Plotosidae | |
---|---|
Euristhmus microceps | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Plotosidae Bleeker, 1858
|
Genera | |
Anodontiglanis |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is lank en die stert eindig met 'n spits. Die tweede dorsale vin en die analevin word een by die stert. Daar is giftige stekels aan die eerste dorsale- en pektorale vinne. Daar is ook vier baarde om die mond van dié familie en die familie het geen skubbe op die vel nie. Die grootte wissel van 30 – 60 cm en die familie leef in vars, brak en soutwater en vreet ongewerweldes en vis. Die familie is giftig.
Genus
wysigDie volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Plotosus
- Plotosus lineatus - Streep-baberpaling
- Plotosus nkunga - Baberpaling
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7