Gestreepte draadvin

(Aangestuur vanaf Polydactylus plebeius)

Die Gestreepte draadvin (Polydactylus plebeius) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van Kenia tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Striped threadfin.

Gestreepte draadvin
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
(Bateson, 1885)
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. plebeius
Binomiale naam
Polydactylus plebeius
(Broussonet, 1782)[4]
Sinonieme
  • Polydactylus agonasi (Jordan & McGregor, 1906)
  • Polydactylus plebejus (Broussonet, 1782)
  • Polydactylus plebius (Broussonet, 1782)
  • Polynemus agonasi (Jordan & McGregor, 1906)
  • Polynemus commersonii (Shaw, 1804)
  • Polynemus emoi (Lacépède, 1803)
  • Polynemus lineatus (Lacépède, 1803)
  • Polynemus lydiae (Curtiss, 1938)
  • Polynemus niloticus (Shaw, 1804)
  • Polynemus plebeius (Broussonet, 1782)
  • Polynemus plebejus (Broussonet, 1782)
  • Polynemus plebius (Broussonet, 1782)
  • Polynemus taeniatus (Günther, 1860)
  • Trichidion plebejum (Broussonet, 1782)
  • Trichidion plebejus (Broussonet, 1782)[5]

Voorkoms

wysig

Die vis se kop en lyf is silwer aan die bokant en ligter aan die onderkant met 7 - 8 horisontale swart strepe oor die lyf. Die vis het twee dorsale vinne en daar is vyf strale aan die onderkant van die kop. Die vis word 55 cm groot.

Habitat

wysig

Die vis verkies riviermondings en kuswater tot op 'n diepte van 122 m om in te leef. Hulle is hermafrodiete.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. [UICN] (en)
  2. Lacépède B. G. E., 1803. Histoire naturelle des poissons. Hist. Nat. Poiss. v. 5. i-lxviii + 1-803 + index.
  3. uBio (en)
  4. Broussonet, P. M. A., 1782. Ichthyologia, sistens piscium descriptiones et icones. Decas I. Londen. Ichthyologia, sistens piscium descriptiones et icones. Decas I.: 49 unnum. pages, incl. i-iv., Unnum. Pls. 1-11.
  5. Catalogue of Life[dooie skakel] (en)

Eksterne skakel

wysig