Polynemidae
Die Draadvinne (Polynemidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is agt genera met een en veertig spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Polynemidae | |
---|---|
Polydactylus octonemus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Polynemidae
|
Genera | |
Eleutheronema |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is lank en platterig met twee dorsale vinne. Die pektorale vinne is laer as normaalweg en is in twee verdeel: die boonste gedeelte is normaal en die onderste gedeelte het lang strale wat amper soos drade lyk. Die sterte is diep gevurk. Die grootte wissel van 30 cm tot 1.8 m. Die familie verkies vlakker kuswater om in te leef en eet hoofsaaklik skaaldiere.
Genera
wysigDie volgende genera en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Leptomelanosoma
- Leptomelanosoma indicum
- Polydactylus
- Polydactylus malagasyensis
- Polydactylus plebeius - Gestreepte draadvin
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7