Pou-klipvis
Die pou-klipvis (Pavoclinus pavo) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en kom voor vanaf Lüderitz tot by die Groot-Keirivier. In Engels staan die vis bekend as die Peacock clinid.
Pou-klipvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. pavo
|
Binomiale naam | |
Pavoclinus pavo Gilchrist & Thompson, 1908
| |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
wysigDie vis se kleur hang af van die tipe seewier waarin die vis leef. Daar is wel blougroen lyne op die kop net agter die oë op al die visse. Die vis word tot 15 cm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in poele en vlak, rotsagtige areas tussen alge en gaan selde dieper as 10 m.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Sinonieme van Pavoclinus pavo op www.fishbase.org.
Bron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7