Getoomde pappagaaivis
Die getoomde pappagaaivis (Scarus frenatus) is 'n vis wat wydverspreid in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as bridled parrotfish.
Getoomde pappagaaivis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. frenatus
|
Binomiale naam | |
Scarus frenatus Lacepède, 1802
| |
Sinonieme | |
Callyodon frenatus (Lacepède, 1802) |
Identifikasie
wysigDie vis word tot 47 cm lank. Dit het 'n lang lyf. Die volwasse mannetjie word onderskei deur die kop boonste kant van die kop wat 'n donkerblou tot groen is, dan geleidelik verander na blougroen en dan skielik lig blou of lig groen word aan die agterkant van die lyf. Daar is ook pienk merke op die keel. Die onvolwasse vissies is grysrooi met ses donkerbruin strepe aan die sye. Die strepe is soms gebroke en lyk soos n reeks diamantvormige merke. Die vinne is lig rooi tot pienk.
Hulle leef op aflandige hellings van riwwe en afgronde in water wat van 8 tot 30 meter diep is. Die onvolwasse visse leef naby korale en rommel. Die mannetjies is alleenlopers en wyfies leef in klein groepies saam. Hulle vreet alge en koraalpoliepe. Die vis word min gesien.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Verwysings
wysig- ↑ "Scarus frenatus (Bridled Parrotfish, Six-banded Parrotfish, Vermiculate Parrotfish)" (in Engels). Iucnredlist.org. 17 September 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 26 September 2013.