Scaridae
Die Papegaaivisse (Scaridae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Die familie bevat tien genera met minstens negentig spesies. Negentien van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.
Scaridae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Scaridae (Rafinesque, 1810)
|
Genera | |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is reghoekig en stewig. Die meeste spesies van die familie se tande is aanmekaar wat die kenmerkende papegaai-bek vorm tot gevolg het en waarvandaan die familie sy naam kry. Die dorsale vin is enkel en die stertvin kan plat, holvormig of bolvormig wees. Die skubbe is groot en die sylyn word onderbreek onder die strale van die dorsale vin. Daar is weinige skubbe op die kop. Die familie word tussen 19 cm en 1.2 m lank.
Die familie is herbivore en vreet meestal seegras en detritus maar sommige spesies vreet lewende koraal. Die familie slaap gedurende die nag, goed weggesteek in gate en onder lyste in die koraalrif. Die familie is afwisselende hermafrodiete.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Calotomus
- Calotomus carolinus – Kersfees-papegaaivis
- Calotomus viridescens – Steroog-papegaaivis
- Chlorurus
- Chlorurus atrilunula – Bloumaan-papegaaivis
- Chlorurus cyanescens – Blouramkoppapegaaivis
- Chlorurus sordidus – Koeëlkop-papegaaivis
- Hipposcarus
- Hipposcarus harid – Langneus-papegaaivis
- Leptoscarus
- Leptoscarus vaigiensis – Marmer-papegaaivis
- Scarus
- Scarus frenatus – Getoomde pappagaaivis
- Scarus ghobban – Bloubalk-papegaaivis
- Scarus psittacus – Witneus-papegaaivis
- Scarus rubroviolaceus – Kool-papegaaivis
- Scarus scaber – Vyfsaal-papegaaivis
- Scarus tricolor – Driekleur-papegaaivis
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Scaridae. |
Bron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7