Scorpaenidae
Scorpaenidae is 'n visfamilie wat tot die orde Scorpaeniformes behoort. Daar is sestig genera met minstens vierhonderd spesies wat tot hierdie familie behoort. Vyftig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Scorpaenidae | |
---|---|
Pterois antennata | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Scorpaenidae
|
Genera | |
|
Kenmerke
wysigDie lywe is redelik plat met groot koppe, en skubbe kan aanwesig of afwesig wees. Daar is gewoonlik 'n klomp stekels of penne rondom die kieuedeksel. Hulle grootte wissel van 5 – 50 cm. Hulle is lokval roofvisse en eet vis, skaaldiere en seekat.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Dendrochirus
- Dendrochirus zebra - Sebra-kalkoenvis
- Helicolenus
- Helicolenus dactylopterus - Jakopewer
- Parascorpaena
- Parascorpaena mossambica - Goue skerpioenvis
- Pterois
- Pterois antennata - Breëbalk-vuurvis
- Pterois miles - Duiwelvuurvis
- Pterois radiata - Straal-vuurvis
- Rhinopias
- Rhinopias frondosa - Peuloog-skerpioenvis
- Sebastapistes
- Sebastapistes cyanostigma - Geelspikkel-skerpioenvis
- Scorpaenopsis
- Scorpaenopsis diabolus - Valssteenvis
- Scorpaenopsis venosa - Lappies-skerpioenvis
- Synanceia
- Synanceia verrucosa - Steenvis
- Taenianotus
- Taenianotus triacanthus - Papiervis
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7