Jakopewer
Die Jakopewer (Helicolenus dactylopterus) is 'n vis wat voorkom in die Middellandse See en weerskante van die Atlantiese Oseaan. In Suider-Afrika kom die vis voor aan die weskus vanaf Angola tot by die Tugelarivier. In Engels staan die vis bekend as die Jacopever of Blackbelly rosefish.
Jakopewer | |
---|---|
Helicolenus dactylopterus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. dactylopterus
|
Binomiale naam | |
Helicolenus dactylopterus Delaroche, 1809
|
Voorkoms
wysigDie vis is gelerig-oranje van kleur. Die pens is wit en die binnekant van die mond is swarterig. Op die lyf is donkerder bane wat vertikaal strek. Die vis word 40 cm lank.
Habitat en gewoontes
wysigDie vis kom voor in water wat 55 – 550 m diep is. Hulle hou van rotsagtige, sagte plekke om in te woon op die bodem. Hulle skiet kuit in die winter.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
wysig- Helicolenus dactylopterus by Fishbase.