Steentjie
Die steentjie (Spondyliosoma emarginatum) is 'n vis wat voorkom vanaf Langebaan tot by die Transkei in Suid-Afrika. Wanneer die vissie nog klein is staan dit bekend as die bloukopsteentjie in die Kaap.
Steentjie | |
---|---|
S. emarginatum | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. emarginatum
|
Binomiale naam | |
Spondyliosoma emarginatum (Valenciennes, 1830)
|
Voorkoms
wysigDie steenjie is 'n klein vissie wat nooit meer as 0.5 kg swaar word nie. Hulle het 'n langerige lyf met 'n skerp snoet. Die boonste kant van die vis is bruinerig tot staalblou terwyl die onderste kant van die liggaam baie ligter is. Die stert is gevurk. Pasgevange steentjies het sewe vertikale strepe langs die kante. Daar is 'n prominente horisontale lyn op die kante van die vis wat uitstaan.
Habitat en gewoontes
wysigDie vissies kom in groot skole voor aan die bokant van riwwe. Hulle eet graag rooiaas, klein krappe en die vleis van dooie visse.
Die vissie is gewild onder die hengelaars om as aas gebruik te word vir kabeljou, geelbek en elwe.
Sien ook
wysigBron
wysig- Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. ISBN 978-1-77007-403-3