Stompstertkabeljou
Die Stompstertkabeljou (Argyrosomus thorpei) is deel van die Sciaenidae-familie en is endemies aan die kus van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Squaretail kob.
Stompstertkabeljou | |
---|---|
'n Naverwante soort | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. thorpei
|
Binomiale naam | |
Argyrosomus thorpei Smith, 1977
|
Voorkoms
wysigDie vis se kop en lyf is silwer terwyl dit aan die rugkant donkerder is, meer blouerig met 'n koper skynsel en is baie ligter aan die onderkant. Die vinne is geelgrys tot oranjebruin; soms kan hulle rooi wees. Die vis word tot 1.2 m lank. Die SADSAA hengelrekord is 17 kg.
Habitat
wysigDie vis leef by rotsriwwe en wrakke op sand tot by dieptes van 80 m. Die onvolwasse visse verkies sandbodems in water van 15–50 m en is volop op die Thukelabank. Die visse neig om in skole saam te leef en bereik volwassenheid na ongeveer twee jaar wanneer hulle 33 cm lank is. Die wyfies skiet kuit vanaf Junie tot September.
Bewaring
wysigDie vis se getalle het aansienlik afgeneem na 1990 en daar is beperkings op die vang van die spesie.
Sien ook
wysigEksterne skakel
wysigBronne
wysig- Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. ISBN 978-1-77007-403-3
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7