Sciaenidae
Sciaenidae is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Die Suid-Afrikaanse kabeljoue, geelbek en baardman is deel van die familie. Daar is 70 genera met ten minste 100 spesies wat tot dié familie hoort. Elf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Sciaenidae | |
---|---|
Micropogonias undulatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Sciaenidae
|
Genera | |
Sien teks. |
Kenmerke
wysigDie visse van die familie is oor die algemeen groot, 23 cm - 2 m. Hulle verkies oor die algemeen vlakker, sanderige water en word daarom algemeen in strandmere (lagune's) gevind. Al die visse het 'n sylyn wat strek tot by die stertvin. Die groter spesies het kommersiële waarde; dit dien as voeding. Sciaenidae's word drommers genoem omrede hulle 'n verskeidenheid geluide kan maak deur hul spiere in die gas-gevulde blaas te laat vibreer. Hulle kom in al die oseane in tropiese en gematigde water voor.
Genera
wysig- Argyrosomus
- Argyrosomus coronus - Benguelakabeljou
- Argyrosomus hololepidotus
- Argyrosomus japonicus - Boerkabeljou
- Argyrosomus inodorus - Kabeljou
- Argyrosomus thorpei - Stompstertkabeljou
- Atractoscion
- Atractoscion aequidens - Geelbek
- Johnius
- Johnius fuscolineatus- Belvis
- Otolithes
- Otolithes ruber - Snapperkob
- Umbrina
- Umbrina canariensis - Baardman
- Umbrina robinsoni - Slankbaardman
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7