Temba Bavuma

Krieket speler van Suid-Afrika

Temba Bavuma (gebore 17 Mei 1990 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat vir Gauteng Lions speel. Hy het sy eersterangse debuut vir die span gemaak in 2008 tydens 'n wedstryd teen die Oostelike Provinsie. Hy kolf gewoonlik in die middelorde en is die eerste swart Suid-Afrikaner om 'n toetshonderdtal vir sy land aan te teken.

Temba Bavuma
Gebore 17 Mei 1990 (1990-05-17) (34 jaar oud)
Langa, Kaapstad[1], Suid-Afrika
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm medium
Rol Middelordekolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 320) 26 Desember 2014 v Wes-Indië
Laaste Toets 8 Maart 2023 v Wes-Indië
Toetshempno. 85
EDI debuut (no 117) 25 September 2016 v Ierland
Laaste EDI 18 Maart 2023 v Wes-Indië
T20I debuut (no 83) 18 September 2019 v Indië
Laaste T20I 6 November 2021 v Engeland
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2008/09–2016/17 Gauteng Lions
2017/18 Kaapse Kobras
2018 Durban Heat
2018/19–2020/21 Imperial Lions
2019 Northamptonshire
2019 Jozi Stars
2023 Sunrisers Eastern Cape
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI T20I 1e rang
Wedstryde 56 24 33 169
Lopies aangeteken 2997 1054 635 9248
Kolfgemiddeld 35.25 50.10 22.67 37.44
100s/50s 2/20 4/2 0/1 16/48
Hoogste telling 172 144 72 180
Aflewerings geboul 96 37 500
Paaltjies 1 0 7
Boulgemiddeld 61.00 46.42
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0
Beste boulontleding 1/29 2/34
Vangskote/Stonkings 28/– 21/– 13/– 94/–
Bron: ESPNcricinfo, 18 Maart 2023

Op 4 Maart 2021 het Krieket Suid-Afrika Bavuma as Suid-Afrikaanse EDI- en T20I-kaptein aangewys;[2] hy vervang Quinton de Kock in dié rol.[3] Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021 en 2022 vir Suid-Afrika gespeel.

Toetsloopbaan

wysig

Bavuma het op 26 Desember 2014 sy toetsdebuut vir die Proteas teen die Wes-Indiese Eilande gemaak.[4]

Bavuma het sy eerste toetspaaltjie op 7 November 2016 teen Australië geneem.[5]

Verwysings

wysig
  1. (en) Muller, Antoinette (6 Januarie 2016). "Temba Bavuma: A lad from Langa who shattered cricket's glass ceiling". Daily Maverick. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2018. Besoek op 19 Januarie 2018.
  2. (en) "Bavuma and Elgar to captain the Proteas". Krieket Suid-Afrika. 4 Maart 2021. Besoek op 5 Maart 2021.
  3. (en) "South Africa name Dean Elgar Test captain and Temba Bavuma ODI and T20I captain". ESPNcricinfo. 4 Maart 2021. Besoek op 5 Maart 2021.
  4. (en) "2de Toets: Suid-Afrika teen Wes-Indië in Port Elizabeth, 26-30 Desember 2014". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2017. Besoek op 26 Desember 2014.
  5. (en) "Australia v South Africa at Perth". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2017. Besoek op 7 November 2016.

Eksterne skakels

wysig