Maak hoofkeuseskerm oop

'n Vlermuis is 'n soogdier wat kan vlieg. Hulle behoort tot die orde Chiroptera.

Vlermuis
Tydperk: 52–0 m. jaar gelede Vroeë Eoseen – Onlangs
Big-eared-townsend-fledermaus.jpg
Corynorhinus townsendii
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraclass:
Superorde:
Orde:
Chiroptera

Subordes

Sien artikel.

Chiroptera.dist.png
Wêreldwye verspreiding van vlermuise

Inhoud

FamiliesWysig

Daar is verskeie families onder die orde Chiroptera:

  • Pteropodidae – Hulle is die vrugtevlermuise en het hondagtige gesigte met groot oë. Die twee vlerkkloue onderskei hulle van insekvretende vlermuise.
  • Emballonuridae – Hulle is die skedestertvlermuise en hul sterte word gedeeltelik ingesluit met 'n membraan. Hulle het groot oë en die driehoekige ore sit ver uitmekaar.
  • Molossidae – Hulle is die losstertvlermuise met bulhondagtige gesigte. Hulle sterte word ook gedeeltelik ingesluit met 'n membraan, maar die res is los van die agterkant van die membraan.
  • Vespertilionidae – Hulle is die vespervlermuise met muisagtige gesigte sonder neusblaaie. Hulle sterte is lank en hulle ore is baie prominent en wyd uitmekaar.
  • Nycterridae – Hulle is die spleetneusvlermuise met lang ore en 'n lang spleet in die middel van die gesig, waar die neusblaaie sit. Die ultrasoniese klanke vir eggo-navigasie word hier geproduseer.
  • Rhinolophidae – Hulle is die saalneusvlermuise met ingewikkelde neusblaaie in die vorm van 'n hoefyster tussen die mond en voorkop.
  • Hipposideridae – Hulle is die bladneusvlermuise wat lyk soos die saalneusvlermuise, maar het nie die agterste driehoekige blad op die neus nie. Die ore is groot en wyd uitmekaar.

Kyk ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. Eick et al. (2005). “A Nuclear DNA Phylogenetic Perspective on the Evolution of Echolocation and Historical Biogeography of Extant Bats (Chiroptera)”. Molecular Biology and Evolution 22 (9): 1869. doi:10.1093/molbev/msi180.