Wikipedia:Beeld van die week/2021
Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2021 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.
2021
wysigWeek 1
...En só vlieg ons die nuwejaar binne. Welkom in 2021!
Foto-erkenning: Ailura (Feb 2019)
besigtig
Week 2
Andreas Waldherr met 'n Volkswagen Polo S2000 in die Lavanttal Rallye, 2009
Foto-erkenning: Kurt Kulac.
besigtig
Week 3
Die maan verlig die wolke bo San Diego, Kalifornië.
besigtig
Week 4 Hierdie opvallende uitsig op Jupiter se Groot Rooi Vlek en onstuimige suidelike halfrond is deur Nasa se Juno-ruimtetuig afgeneem tydens 'n naby verbyvlug van die gasreus.
Week 5 Diagram van 'n neuronsel (Engelse byskrifte)
Week 6 Die pragtige Pen-Hat-strand, in Camaret-sur-Mer (Finistère, Bretagne, Wes-Frankryk).
Week 7 Binne die Joeriewskaja-grot, 'n natuurlike monument in Tatarstan, Rusland.
Week 8 'n RhB Ge 4-4 Bernina "krokodil"-lokomotief maak sneeu op die Berninapas in Switserland skoon.
Week 9 'n Uitsig oor die Louisemeer, Banff Nasionale Park, Alberta, Kanada, in 2019.
Week 10 Die vrystylwaaghals Maikel Melero tydens die Spain Truck GP 2013.
Week 11 'n Skoenmaker aan die werk in Capri, Italië.
Fotograaf: Jorge Royan, 2008
besigtig
Week 12 Die ruimtevaarder Akihiko Hoshide van die Japan Aerospace Exploration Agency (JAXA) neem hierdie foto van homself in 2012, tydens 'n ruimtewandeling buite die Internasionale Ruimtestasie terwyl hul teen 27 743,8 km/h om die aarde sweef. Die helder lig links is die Son.
Week 13 Die treffende binnekant van die Rådhuset metrostasie, Stockholm.
Week 14 'n Pottebakker aan die werk in Bangalore, Indië.
Week 15
Lede van 'n Chinese militêre erewag marsjeer tydens 'n verwelkomingseremonie
vir die voorsitter van die gesamentlike stafhoofde Vlootgenl. Peter Pace
by die Ministerie van Verdediging in Beijing, China.
Fotograaf: Stafsersant D. Myles Cullen (USAF), Maart 2007.
besigtig
Week 16 Li Phi-valle teen 'n goue sonsondergang in Don Khon, Si Phan Don, Laos.
Foto-erkenning: Basile Morin. (30 s tydsverloop.)
besigtig
Week 17
Angling in Troubled Waters: 'n Uitgebreide satiriese kaart van 1899 toon
die Europese situasie volgend op die Frans-Duitse Oorlog van 1870/71.
Frankryk het 'n vernederende verlies gely: Elsas en meeste van Lotaringe is verlore.
Week 18 Werkers op 'n saffraanplaas naby die stad Torbat-e Heydarieh in Iran, 2007
Foto deur Safa Daneshvar tydens 'n besoek saam met die Faraz Saffron Co. Ltd.
besigtig
Week 19 Die vliegswam (Amanita muscaria). Plek: De Famberhorst, 2020.
Foto-erkenning: Dominicus Johannes Bergsma
besigtig
Week 20 Swartbessies, wat hul naam verleen het aan 'n gewilde mobiele foon, die Blackberry.
Foto-erkenning: Ivar Leidus
besigtig
Week 21 'n Poumannetjie vertoon sy verekleed.
Foto-erkenning: Gebruiker:BS Thurner Hof
besigtig
Week 22 'n Uitsig oor Noordhoek, 'n voorstad van Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Week 23 'n Sneeustorm naby Ogoy-eiland in Rusland.
Week 24 Die planeet Venus.
Foto saamgestel uit radarbeelde geneem deur die Magellanruimtetuig
met gapings ingevul deur data van die Pioneer Venus Orbiter, NASA.
Oorspronklik vrygestel op 29 Oktober 1991.
besigtig
Week 25 Foto van die Nyldelta, die Sinaiskiereiland en die Heilige Land, geneem deur Chris Hadfield tydens sy besoek aan die Internasionale Ruimtestasie, 20 Maart 2013.
Week 26 'n Versierde trok op die N-5-hoofweg tussen Thatta en Karatsji (Sindh, Pakistan)
Week 27 'n Rooiflamink (Phoenicopterus ruber).
Week 28 Ruïne van 'n stoorvertrek in Ardez, langs die bergstaproete van Guarda, Switserland.
Week 29 Velde en droësteenmure in Swaledale naby Gunnerside, Engeland, in 2014.
Week 30
Die Clearwater-meer met 'n sneeubedekte Berg Potts (2 184 m)
op die agtergrond, Canterbury, Nieu-Seeland.
Week 31 IAEA-deskundiges by die Fukushima-Daiichi-kernaanleg, Japan, 2013.
Week 32 Die termiese kragstasie Wilmersdorf in Berlyn, Duitsland, 2021.
Week 33 'n Poolse Mikojan MiG-29A Fulcrum tydens die ILA Berlynse lugskou in 2016.
Week 34 'n Perd en sy ruiter kruis 'n hindernis tydens 'n ruitersportbyeenkoms in Nederland.
Week 35 Landskapstoneel in die Ussangoda Nasionale Park, Sri Lanka.
Week 36 Sonsonder by Montmajour (1888), skildery deur Vincent van Gogh (1853–1890), olie op doek.
Week 37
Die Nasa-ruimtevaarder Bruce McCandless II tydens die eerste ongeankerde
ruimtewandeling met 'n Bemande-stuureenheid op 7 Februarie 1984.
Week 38 Die Hongaarse Parlementsgebou in Boedapest, Hongarye.
Week 39 Die skoorsteen word ingeplof by die voormalige Henninger Brouery in Frankfurt am Main, Duitsland.
Week 40
Portret van die 20ste Amerikaanse president James Garfield
deur 'n onbekende fotograaf afgeneem, ca. 1870–1880.
Week 41 Genoeg wyn vir 'n dekade se drink! Schramsberg Wynkelder in die Napavallei, Kalifornië, Verenigde State.
Week 42 'n Stokou tafelmodel-telefoon van die vorige eeu, moontlik uit België.
Week 43
Die droë, warm soutkors van die Etoshapan in Namibië, glimmend-wit en stowwerig.
Die boom is 'n Acacia tortilis.
Week 44 Drie pragtige mandaryne (Citrus reticulata), baie dieselfde as nartjies.
Week 45
'n ABe 8-12 "Allegra"-treinstel van die Switserse spoorwegmaatskappy
Rhätische Bahn op pad na Tirano, Italië oor die sneeubedekte Alpe.
Week 46
Koffieblikke in rye by Schröers Privatrösterei, Dülmen, Noordryn-Wesfale, Duitsland.
Foto-erkenning: Dietmar Rabich (2018)
Week 47
'n MG PA 6-renmotor met 'n 1300cc sessilinderenjin (1936) tydens 'n tentoonstelling
in 2008 by die Nürburgring, Duitsland. Die nommerplaat is nie oorspronklik nie.
Week 48 Die Sultan Omar Ali Saifuddin-moskee in Broenei op die vooraand van Ramadan.
Week 49
'n Ysvoël (Alcedo atthis) vang 'n vis in die Porivier, Piëmont, Italië.
(Commons se beeld van die jaar 2020.)
Week 50 ’n Franstalige topografiese kaart van Gaboen.
Week 51 ’n Leerling was haar hande tydens die wêreldwye Covid-19-pandemie in Ghana, Maart 2021.
Week 52 Die Wolokolamskaja-moltreinstasie in Moskou, Rusland.