Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/25 Augustus
25 Augustus: Onafhanklikheidsdag in Uruguay (1825)
- 1530 – Gebore: Iwan die Verskriklike, die eerste tsaar van Rusland.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Generaal Charles de Gaulle marsjeer die Franse hoofstad binne nadat Vrye Franse en Amerikaanse-troepe Parys bevry.
- 1967 – Die leier van die Amerikaanse Nazi-party George Lincoln Rockwell word deur 'n skerpskutter by 'n winkelsentrum in Arlington, Virginië, doodgeskiet.
- 1989 – Voyager 2 word die eerste ruimtetuig wat Neptunus bereik en foto's van die planeet en sy mane terugstuur.
- 2003 – Twee kragtige bomontploffings ruk die Indiese stad Moembaai – minstens 44 mense sterf en 150 word beseer.
- 2012 – Voyager 1 word die eerste mensgemaakte voorwerp wat die Sonnestelsel verlaat en die interstellêre ruimte betree.