Die wolfkardinaal (Cheilodipterus artus) is 'n kardinaalvis wat voorkom aan die ooskus van Afrika en die Indies-Pasifiese area. Dit is seldsaam aan die kus van Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Wolf cardinalfish.

Wolfkardinaal
'n Wolfkardinaal wat in die Maledive gefotografeer is.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
(Huxley, 1880)
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
C. artus
Binomiale naam
Cheilodipterus artus
(Smith, 1961)[3]
Sinonieme
  • Cheilodipterus lachneri australis (Smith, 1961)[4]

Identifikasie

wysig

Die vis word tot 22 cm lank en is een van die groter kardinaalvisse. Daar is agt tot tien donkerbruin horisontale strepe wat oor die witterige lyf strek. Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 25 m diep is. Daar verkies hulle om in grotte en onder oorhangende rotse te bly. Hulle kom een-een of in pare voor en vreet klein ongewerweldes en soöplankton.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig
  • Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 ISBN 978-1-86825-981-6

Verwysings

wysig
  1. Lacépède B. G. E., 1801. Histoire naturelle des poissons. Hist. Nat. Poiss. v. 3. i-lxvi + 1-558.
  2. uBio (en)
  3. Smith, J.L.B., 1961. Fishes of the family Apogonidae of the western Indian Ocean and the Red Sea. Ichthyological Bulletin of the J.L.B. Smith Institute of Ichthyology Núm. 22: 373-418, Pls. 46-52.
  4. Catalogue of Life[dooie skakel] (en)

Eksterne skakel

wysig