Chobe-sandbabertjie
(Aangestuur vanaf Zaireichthys dorae)
Die Chobe-sandbabertjie (Zaireichthys dorae) is 'n varswater vis wat voorkom Okavangorivier, Kwandorivier, Choberivier en boonste gedeelte van die Zambezirivier-stelsel. In Engels staan die vis bekend as die Chobe sand catlet.
Chobe-sandbabertjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | Z. dorae
|
Binomiale naam | |
Zaireichthys dorae (Poll, 1967)
|
Voorkoms
wysigDie vis het 'n lang, tapse lyf en daar is drie pare baarde om die mond. Die kop is kort en die oë rond. Die vis is deurskynend met spikkels en met klein bruin vlekke op en word tot 25 mm lank.
Habitat
wysigHulle leef in fyn sand areas waar hulle hul self begrawe sodat slegs die oë uitsteek.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1