Zambezikurper
Die Zambezikurper (Pharyngochromis acuticeps) is 'n varswatervis wat voorkom in die Zambezi-, Okavango- en boonste gedeelte van die Saverivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi river bream.
Zambezikurper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. acuticeps
|
Binomiale naam | |
Pharyngochromis acuticeps |
Voorkoms
wysigDie vis is bruin met swart vertikale bane oor die lyf en helder groen skakerings. Die skubbe op die lyf is donker rooi in die middel met oranje-rooi rante. Daar is bruin kolle op die stertvin en die analevin het 'n oranje rant met helder oranje kolle op. Die vis word tot 220 mm lank.
Habitat
wysigDie vis word in 'n groot verskeidenheid habitatte aangetref waar daar gewoonlik beskerming is soos plante of boomwortels. Hulle vreet insekte, vissies en eiers en larwes van ander vissies. Hulle is weer die slagoffers van kormorante. Die wyfie is 'n mondbroeier en lê haar eiers in die somer.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
wysig- ↑ Greenwood, P. H., 1979. Towards a phyletic classification of the 'genus' Haplochromis (Pisces, Cichlidae) and related taxa. Part 1. Bull. Br. Mus. (Nat. Hist.) Zool. v. 35 (núm. 4): 265-322.
- ↑ BioLib (en)
- ↑ Steindachner, F., 1866. Ichthyologische Mittheilungen. (IX.). Verhandlungen der K.-K. zoologisch-botanischen Gesellschaft in Wien v. 16: 761-796, Pls. 13-18.