1991 Formule Een-seisoen
1991 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 1990 | Volgende: 1992 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Die 1991 Formule 1-seisoen was die 42ste FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen. Dit het op 10 Maart begin en op 3 November ná sestien wedrenne geëindig.
Ayrton Senna het vir die derde (en laaste) keer wêreldkampioen geword. Die voormalige wêreldkampioen Nelson Piquet het sy laaste Grand Prix in Kanada gewen en aan die einde van die seisoen uit Formule 1 getree. Jordan-Ford en Modena-Lamborghini het vir die eerste keer as deelnemers ingeskryf. Michael Schumacher het sy buiging by die Belgiese Grand Prix Formule 1 vir die Jordan-span gemaak.
Daar was 34 inskrywings, dus was voorafkwalifikasie steeds nodig. Slegs 30 motors is toegelaat in die kwalifisering, en 26 in die wedren. Vir die laaste keer het twee spanne ingeskryf met slegs een motor, naamlik Coloni-Ford en Fondmetal-Ford. Aan die einde van die seisoen het Coloni-Ford, Modena-Lamborghini en AGS-Ford van die toneel verdwyn.
Kalender
wysigUitslae en puntestand
wysigPuntetelling
wysigPunte is toegeken aan die top ses geklassifiseerde jaers.
Posisie | 1ste | 2de | 3de | 4de | 5e | 6de |
---|---|---|---|---|---|---|
Punte | 10 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1991 in Formula One. |