Hongaarse Grand Prix
Die Hongaarse Grand Prix (Hongaars: Magyar Nagydíj) is 'n motorwedren wat jaarliks in Hongarye gehou word. Sedert 1986 is die wedren 'n ronde van die FIA Formule Een Wêreldkampioenskap.
Geskiedenis
wysigDie eerste Hongaarse Grand Prix is op 21 Junie 1936 in Mogyoród op 'n 5,0 km baan in 'n park in Budapest gehou. Die Mercedes-Benz, Auto Union en die Alfa Romeo-toegeruste Ferrarispanne het al drie motors ingeskryf en die byeenkoms het 'n groot skare gelok. Ongelukkig het politiek en die daaropvolgende oorlog die einde van Grand Prixmotorwedrenne in dié land beteken vir vyftig jaar.
Hungaroring
wysigIn 'n groot deurbraak vir Bernie Ecclestone, was die 1986 Hongaarse Grand Prix die eerste Formule Eenwedren wat agter die Ystergordyn plaasgevind het. Dit is by die kronkelende Hungaroring in Mogyoród naby Budapest gehou, en die wedren is sederdien 'n steunpilaar op die wedrenkalender. Al word die wedren in die hitte van die sentrale Europese somer beslis, het dit ook die onderskeiding dat dit die enigste huidige Grand Prixbaan is wat nooit 'n nat ren ondervind het tot die Hongaarse Grand Prix in 2006 nie. Die eerste Grand Prix het 200 000 toeskouers gelok, hoewel toegangskaartjies duur was in daardie jare. Vandag is die ondersteuning nog steeds baie entoesiasties, veral uit Finland.