Afrikakrieketvereniging
Die Afrikakrieketvereniging (Engels: Africa Cricket Association, afgekort “ACA”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Afrika. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1997 gestig en hulle hoofkantoor is in Benoni, Suid-Afrika, geleë. Die amptelike taal is Engels.
Afrikakrieketvereniging | |
---|---|
Kenteken van die Afrikakrieketvereniging
| |
Engelse naam | Africa Cricket Association |
Afkorting | ACA |
Vasteland | Afrika |
Lede | 22 |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1997 |
Gestig in | Harare, Zimbabwe |
Sambreelorganisasie | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 1997 |
Setel | Benoni, Suid-Afrika |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | africacricket.com |
In Augustus 1997 is die Afrikakrieketvereniging in Harare, Zimbabwe, gestig deur Botswana, Kenia, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die Afrikakrieketvereniging organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Afrika T20I-beker vir nasionale seniorkrieketspanne vir mans, vroue en jeug. Dit organiseer ook die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.
Lidlande
wysigDie Afrikakrieketvereniging het tans 22 lede:[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Global Map". Internasionale Krieketraad. Besoek op 19 Desember 2023.
- ↑ (en) "Members". Afrikakrieketvereniging. Besoek op 19 Desember 2023.
Eksterne skakels
wysig- (en) Amptelike webwerf