Al-'Kamar
Al-'Kamar (Arabies: القمر, "Die Maan") is die 54ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 55 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die soera se naam kom uit vers 1.
القمر Soera 54 van die Koran | ||
Klassifikasie | Mekkaans | |
In Arabies | Al-'Kamar | |
In Afrikaans | "Die Maan" | |
Deel | 27 | |
Ajat | 55 | |
Opsomming
wysigDie hoofstuk begin met die oopsplitsing van die maan ('n wonderwerk in die Moslemse tradisie). Die tradisionele vertolking is dat dit verwys na 'n wonderwerk deur Mohammed in die Mekkaanse tydperk van sy loopbaan, toe hy gewys het hoe die maan middeldeur splits in reaksie op 'n uitdaging deur sy teenstanders. Die reaksie van ongeloof word in vers 2 genoem: "En as hulle ’n teken sien, draai hulle weg en sê: Verganklike towery!"[1] Verskeie verslae oor dié voorval kom in die hadits voor en kan na verskeie Metgeselle teruggespeur word. Dit voorspel die onvermydelike oordeelsdag, wanneer die gelowiges van die ongelowiges geskei sal word, of dié wat vir die hemel bestem is van dié wat vir die hel bestem is.
Omdat die sentrale tema van dié soera om die lot van die ongelowiges sentreer, is die simboliese gebruik van die maan in die eerste vers bedoel as waarskuwing vir die ongelowiges oor hulle lot, want: “Die Uur het nader gekom, en die maan was oopgesplits”.[1] Daarbenewens is die sekelmaan 'n belangrike simbool van Islam en dit kan in dié geval dui op die belangrikheid van die opkomende godsdiens, omdat maansiklusse die struktuur van die Islamitiese kalender bepaal.[2]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2
- ↑ "Moon", in The Oxford Dictionary of Islam, red. John L. Esposito. Oxford Islamic Studies Online, http://www.oxfordislamicstudies.com/article/opr/t125/e1545
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Vorige soera: An-Najm |
Die Koran | Volgende soera: Ar-Rahman |
Soera Al-'Kamar | ||
---|---|---|
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 |