Al-Ha'k'ka
Al-Ha'k'ka (Arabies: الحاقة, "Die Volle Werklikheid") is die 69ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 52 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 1.
الحاقة Soera 69 van die Koran | ||
Klassifikasie | Mekkaans | |
In Arabies | Al-Ha'k'ka | |
Transliterasie | Al-Ha'k'ka, Al-Ga'k'ka | |
In Afrikaans | "Die Volle Werklikheid" | |
Deel | 29 | |
Ajat | 52 | |
Opsomming
wysigDie hooftema van die soera is die oordeelsdag. Dit vertel van die lot van Thamoed, Aad, Farao, ander verwoeste stede en die vloed in Noag se tyd. Dit bespreek die beloning van die gelowiges en die straf van die ongelowiges. Ten laaste herinner dit die mense dat die boodskap nie dié van 'n digter of waarsêer is nie: "Dit is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde."[1]
Verwysings
wysig- ↑ Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Vorige soera: Al-'Kalam |
Die Koran | Volgende soera: Al-Ma’arij |
Soera Al-Ha'k'ka | ||
---|---|---|
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 |