Gewone bergbaber
Die Gewone bergbaber (Amphilius uranoscopus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavango- en Zambezirivier stelsels. Dit kom ook voor in die ooskusriviere van Suider-Afrika suidwaarts tot by Mkuze in KwaZulu-Natal. Die vis is ook inheems aan Sentraal- en Oos-Afrika. In Engels staan die spesie bekend as die Common mountain catfish of Stargazer mountain catfish.
Gewone bergbaber | |
---|---|
Uit die Sabierivier, Mpumalanga | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Günther, 1864
|
Spesie: | A. uranoscopus
|
Binomiale naam | |
Amphilius uranoscopus (Pfeffer, 1889)
|
Voorkoms
wysigDie vis het 'n lang skraal lyf en die stertvin is ietwat gevurk. Die vis is normaalweg geelbruin van kleur of grysbruin. Die vis word tot 170 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in helder, vinnigvloeiende water in rotsatige omgewings. Hulle vreet insekte en ander klein organismes van die rotse af en broei in die somer. Hulle is die prooi vir forelle.
Trivia
wysigDie naam uranoscopus verwys na die oë wat bo-op die kop is - Engels stargazer.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1