Tier-engelvis
(Aangestuur vanaf Apolemichthys kingi)
Die Tier-engelvis (Apolemichthys kingi) is 'n vis endemies aan Suid-Afrika wat aan die ooskus vanaf Margate tot by Mosambiek voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Tiger angelfish.
Tier-engelvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. kingi
|
Binomiale naam | |
Apolemichthys kingi (Heemstra, 1984)
|
Voorkoms
wysigDie boonste gedeelte van die lyf en stert is bruin tot swart met vertikale golwende geel strepe op. Die kop en onderkant van die lyf is ligter van kleur met 'n groot swart kol aan die bokant van die kieuspleet. Die rant van die dorsale- en stertvinne is wit. Die vissie word tot 25 cm groot. Die onvolwasse vissies lyk amper soos 'n vlindervis.
Habitat
wysigHulle bly gewoonlik in koraalriwwe in water van 20 – 40 m diep. Die spesie is vernoem na Dennis King wat die spesie die eerste keer geïdentifiseer het.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7