Atherinidae
Die Spierinkies (Atherinidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Atheriniformes. Daar is vyf en twintig genera met 165 spesies wat hoort tot dié familie en vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Atherinidae | |
---|---|
Labidesthes sicculus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Atherinidae
|
Genera | |
Sien teks. |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is lank en silindries met twee dorsale vinne. Die familie se grootte wissel tussen 5 – 14 cm. Hulle is skoolvisse wat in vlak kuswater voorkom in riviermondings en vreet hoofsaaklik soöplankton. Party spesies leef in varswater. Die familie word hoofsaaklik as aas gebruik.
Genera
wysigDie volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Atherina breviceps - Kaapse spierinkie
- Atherinomorus
- Atherinomorus lacunosus - Klipkop-spierinkie
- Atherion
- Atherion africanum - Stekelneus-spierinkie
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7