Rooikol-ghieliemientjie
(Aangestuur vanaf Barbus kerstenii)
Die Rooikol-ghieliemientjie (Barbus kerstenii) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunenerivier, Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, sytakke van die onderste gedeelte van die Zambezirivier en in die Save- en Runderivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as Redspot barb.
Rooikol-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. kerstenii
|
Binomiale naam | |
Barbus kerstenii W. K. H. Peters, 1868
|
Voorkoms
wysigDie vis is ligbruin aan die bokant en silwer aan die kante en die onderkant. Daar is 'n helder geel, oranje of rooi kol op die kieuedeksels. Daar is swart merke op die sylyn in die vorm van 'n sig-sag. Die vis het twee pare baarde om die bek en word tot 75 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in bergstome en langs oewers vol plantegroei.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1