Bloukoningvis
(Aangestuur vanaf Carangoides ferdau)
Die Bloukoningvis (Carangoides ferdau) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die Ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Blue kingfish.
Bloukoningvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. ferdau
|
Binomiale naam | |
Carangoides ferdau (Forsskål, 1775)
| |
Geskatte verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
wysigDie vis se kop en lyf is blou-groen aan die bokant en silwerig aan die onderkant en het 5 - 7 donkerder vertikale strepe op die sye. Daar is ook onopsigtelike goue kolletjies op die lyf. Die vis word 70 cm groot en weeg dan 8 kg.
Habitat
wysigDie vis verkies sanderige areas en koraal- en rotsriwwe om in te leef. Die vis kom in klein skole voor en eet hoofsaaklik skaaldiere.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7