Springboontjie
(Aangestuur vanaf Centropyge acanthops)
Die Springboontjie (Centropyge acanthops) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Suid-Afrika staan die vis bekend as die Jumping bean en globaal as die Orangeback angelfish.
Springboontjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. acanthops
|
Binomiale naam | |
Centropyge acanthops (Norman, 1922)
|
Voorkoms
wysigDie anale vin en die grootste gedeelte van die liggaam is donkerblou en die kop, bors, dorsale vin en boonste gedeelte van die liggaam is oranje-geel. Daar is 'n blou ring rondom die oog. Die vis word net 8 cm groot.
Habitat
wysigDie vis leef in koraalriwwe, getypoele in water wat 8 – 40 m diep is. Hulle eet hoofsaaklik alge en is ook hermafrodiete. Die vis is 'n gewilde akwarium vis.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7