Rooistompneus
(Aangestuur vanaf Chrysoblephus gibbiceps)
Die Rooistompneus (Chrysoblephus gibbiceps) is 'n endemiese vis wat aangetref word vanaf Kaapstad tot by die Transkei. Die gemiddelde grootte van die vis is 45 cm maar hul kan tot 60 cm lank word. Dit is 'n heerlike eetvis. Die vis is silwerpienk van kleur met donkerder rooi vertikale strepe en kolle. Daar is ook onreëlmatige swart kolletjies op die lyf. Dit is 'n bedreigde spesie.
Rooistompneus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. gibbiceps
|
Binomiale naam | |
Chrysoblephus gibbiceps Valenciennes, 1830
|
Die volwasse visse leef in rotsriwwe wat 30-150 meter diep is terwyl die onvolwassenes in vlak riwwe leef. Die wyfies skiet kuit in die somer in die Oos-Kaap. Hulle is alleenlopers en vreet gastropodes, mossels, rooiaas, seekatte, krappe en wurms. In Engels staan die vis bekend as die Red stumpnose.
Sien ook
wysigBronne
wysig- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.