Grootblaarpieringbessie
(Aangestuur vanaf Cordia africana)
Die Grootblaarpieringbessie (Cordia africana) is 'n middelgroot, goedvertakte boom wat in bosveld in die noorde van Kaokoland en in Zimbabwe langs die Groot Dyk en oostelike hoogland voorkom. Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom in die Musina-omgewing van die Limpopoprovinsie voor. Die boom is ook inheems in Angola, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Guinee, Jemen, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda en Zambië.
Grootblaarpieringbessie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Boraginales |
Familie: | Boraginaceae |
Genus: | Cordia |
Spesie: | C. africana
|
Binomiale naam | |
Cordia africana Lam., (1792)
| |
Sinonieme | |
|
Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.[1] Die boom het opvallende vrugte en blare en sy FSA-nommer is 651.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 16 Maart 2021.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bron
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grootblaarpieringbessie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Grootblaarpieringbessie