Sebra-humbug
(Aangestuur vanaf Dascyllus aruanus)
Die Sebra-humbug[1] (Dascyllus aruanus) is 'n vis wat in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Zebra humbug.
Sebra-humbug | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. aruanus
|
Binomiale naam | |
Dascyllus aruanus (Linnaeus, 1758)
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 8 cm lank met drie breë, vertikale bande wat oor die wit lyf strek. Die pensvin is swart en daar is 'n swart kol tussen die oë. Hulle leef in vlak, beskermde strandmere, plat riwwe en aflandige koraalriwwe in water wat 1 tot 20 m diep is. Hulle is territoriaal van aard en swem in groepe rond om koraaltakke. Wanneer hulle bedreig word swem die visse tussen die takke in vir beskerming. Hulle vreet soöplankton, alge en bodemongewerweldes.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Eksterne skakel
wysigVerwysings
wysig- ↑ Allen, G.R., 1986. Pomacentridae. p. 670-682. In M.M. Smith en P.C. Heemstra (eds.) Smith se Sea fishes. Springer-Verlag, Berlin