Kuswurgvy
Die kuswurgvy (Ficus natalensis) is 'n boom en deel van die wurgvye. In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal en Limpopo voor. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Kuswurgvy | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. natalensis
|
Binomiale naam | |
Ficus natalensis Hochst., (1845)
|
Die boom ontkiem op 'n gasheerboom hoog bokant die grond en stuur dan fyn wortels af grond toe. Die wortels word algaande sterker en verwurg uiteindelik die gasheerboom. Hierdie boom lyk byna net soos die Bosvy maar die vrugte is baie groter. Die boom se FSA-nommer is 57.[1]
Die spesie het drie subspesies:
- Ficus natalensis subsp. graniticola J.E.Burrows
- Ficus natalensis subsp. leprieurii (Miq.) C.C.Berg
- Ficus natalensis subsp. natalensis
Fotogalery
wysig-
Vrugte -
Loof en vrugte -
Lugwortels
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBron
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kuswurgvy.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kuswurgvy