Arnwalt
Welkom
wysig
|
Jcwf (kontak) 02:41, 20 Junie 2009 (UTC)
Welkom ook van my kant af! Dankie vir jou bydraes tot nou, veral Ververing lyk baie goed. Hoop jy geniet jou betrokkenheid hier. Anrie (kontak) 14:20, 20 Junie 2009 (UTC)
- Welkom van my kant af ook! Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 14:31, 20 Junie 2009 (UTC)
- Welkom hier. Hoop jy geniet jou deelname --RAM (kontak) 14:29, 23 Junie 2009 (UTC)
Skuif
wysigGebruiker:Anrie het die artikel Nasionale Bergkwaggapark geskuif. Om 'n bladsy te skuif is heel eenvoudig. Heel bo-aan elke artikel is 'n ry knoppies. Klik eenvoudig op die een wat lees "skuif". Jy sal dan in hierdie voorbeeld by hierdie bladsy uitkom vir bevestiging van die skuif. Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 21:16, 22 Junie 2009 (UTC)
- "Skuif" is die term wat ons gebruik vir die wysiging van 'n artikel se titel. Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 21:16, 22 Junie 2009 (UTC)
Unie van Utrecht
wysigEk het 'n skakel toegevoeg na die oorspronkelike teks van die verdrag, maar ek moet toegee dat ook vir my as Nederlandstalige dit nie eenvoudig te lees is nie. Hoe dit vir Afrikaanssprekers lyk kan ek nie beoordeel nie. Kan jy es kyk? Jcwf (kontak) 03:50, 24 Junie 2009 (UTC)
Commons
wysigGoeiedag! Ek wil net seker maak dat jy bewus is van die Wikimedia Commons: jy kan daar talle beelde vir artikels vind wat direk gebruik kan word (hulle hoef nie eers hierheen opgelaai te word nie). Sien byvoorbeeld die kategorie vir sekretarisvoël of Gevlekte ooruil. Anrie (kontak) 07:44, 30 Junie 2009 (UTC)
- Dagse, ek is heeltemal bewys van die foto's by Commons. Wou sommer bietjie eksperimenteer en het toe van my eie foto's gelaai. Sal hulle later by commons laai. Sien ek leer nog 'n klomp dinge oor wikipedia en daarom hou ek van eksperimenteer. Arnwalt (kontak) 08:23, 30 Junie 2009 (UTC)
Hallo daar,
Die kopiereghouer van die voorblad van die boek is óf die uitgewer óf die oorspronklike kunstenaar/ontwerper. Tensy dit jy was, sal {{kopiereg}} die korrekte sjabloon wees. Anrie (kontak) 07:53, 2 Julie 2009 (UTC)
- Anrie, ek het heelwat gaan rondkyk in dagblaaie en vak- sowel as populêre tydskrifte. Waar 'n boek bespreek word, 'n resensie gedoen word en selfs bemark word, is daar geen aanduiding van kopieregerkenning nie. Ek vermoed dat die kopiereghouers in so 'n geval die bietjie "bemarking" wat gedoen word, waardeer. Ek vermoed ook dat die kategorieë vir lisensies vir baie van die bydraers steeds bietjie Grieks bly - hulp om dit makliker te maak sal nogal goed wees. Dus: Hoekom skryf een van julle gesoute gebruikers nie 'n eenvoudige handleiding nie? Groete Arnwalt (kontak) 14:49, 4 Julie 2009 (UTC)
- 'n Beeld hoef nie 'n kennisgewing van kopiereg te hê om aan kopiereg onderhewe te wees nie en omslae van boeke, cd's, dvd's, ens. geniet net soveel kopiereg as enige ander kreatiewe werk (as jy tyd het en belangstel kan jy Google vir "copyright myths"). Ek het al Wikipedia:Gebruik_van_beelde geskryf, maar dit is moontlik nie beskrywend genoeg nie. Daar is nie te lank gelede deur ander gebruikers (o.a. laurens, Voyageur en Adriaan) besluit om sulke nie-vrye beelde hier onder 'n "billike gebruik"-beleid te gebruik. Waarskynlik sal hulle inskiklik wees om te help met die skep van sjablone en hulpbladsye vir sulke beelde (soos byvoorbeeld by hierdie beeld gesien kan word, wat in 'n Eng. artikel verskyn). Anrie (kontak) 17:18, 4 Julie 2009 (UTC)
Sjablone
wysigWanneer het jy tyd vir 'n Skype-sessie? Ek behoort later vanmiddag of môre op Skype beskikbaar te wees. Met "later vanmiddag" bedoel ek so ca. 16:00 of daarna. As dit jou nie pas nie, moet jy my net van 'n ander tyd laat weet sodat ek op my rooster kan kyk of ek beskikbaar is. Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 08:47, 8 Julie 2009 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Sekretarisvoël, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |