Hallo Oratile Nonhlanhla, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
|
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
|
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 121 044 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
|
|
Verifieerbaarheid Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Geselshoekie Die gewilde bymekaarkomplek
|
|
Geen oorspronklike navorsing Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Sandput Eksperimenteer na hartelus
|
|
Neutrale standpunt Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Redigeringsinstruksies Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
|
|
Wat Wikipedia nie is nie Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
|
|
Beelde As jy jou kiekies wil oplaai
|
|
Beleefdheid Ken jou maniere
|
|
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel Soms sê die naam alles
|
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.
|
|
--KabouterBot (kontak) 18:36, 27 Maart 2018 (UTC)Beantwoord
Hi Oratile!
Baie dankie vir jou belangstelling in die Afrikaanse Wikipedia!
Ongelukkig is jou bydraes nie aanvaarbaar nie, om die volgende redes:
- Swak taalgebruik. Ek dink jou moedertaal is seker nie Afrikaans nie, maar jy moet asb. nie Google-translate gebruik vir enige bydraes nie. Ons sal dit moet skrap (delete) op die wiki.
- Moenie artikels oor jouself of jou skoolvriende skryf nie. Ons het dit nie nodig hier nie.
- Moenie moed verloor nie...gebruik die sandput om in te eksperimenteer! Ons het maar almal só begin skryf op die wiki.
Jy is welkom om my enige vrae te vra by Gebruikerbespreking:Aliwal2012.
Sterke en groete! --Aliwal2012 07:54, 6 Mei 2018 (UTC)Beantwoord