Grens-ghieliemientjie
Die Grens-ghieliemientjie (Barbus trevelyani) is 'n vis wat voorkom in die Keiskamma- en Buffelsrivierstelsels in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Border barb.
Grens-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Barbus (word betwis)
|
Spesie: | B. trevelyani
|
Binomiale naam | |
Barbus trevelyani Günther, 1877
|
Voorkoms
wysigDie vis is deurskynend grysbruin en silwer aan die onderkant. Daar is 'n dun swart horisontale strepie oor die lyf wat eindig in 'n driehoek by die stertvin. Die vis word tot 95 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in helder poele in rotsagtige strome. Hulle vreet water- en landinsekte; ook alge en sade. Hulle broei in die lente en vroeë somer.
Bewaring
wysigToeslikking van blyplekke en plant indringing tesame met roofvisse soos die forel het tot gevolg dat die vis ernstig bedreig word. Die vis is al geteel in gevangeskap.
Sien ook
wysigBronne
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1