Hoektand-tuna
(Aangestuur vanaf Gymnosarda unicolor)
Die Hoektand-tuna (Gymnosarda unicolor) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dogtooth tuna.
Hoektand-tuna | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. unicolor
|
Binomiale naam | |
Gymnosarda unicolor (Rüppell, 1836)
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 180 cm lank. Dit het 'n robuuste, silwer lyf en die bek is vol slagtande. Die punte van die agterste dorsale- en analevinne is wit. Die sylyn staan uit.
Hulle besoek gereeld die dieper gedeeltes van strandmere, steil kanale en die buitenste hellings van riwwe in water wat 1 tot 60m diep is. Hulle is alleenlopers of kom in klein groepies voor. Dit is 'n roofvis en seldsaam in Suid-Afrikaanse waters. Hulle jag graag die piesangvisse.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3