Hottentot (vis)
Die hottentot (Pachymetopon blochii) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is. Die vis kom voor van die kus van Namibië tot by Tafelbaai, Valsbaai en die Agulhasbank. Dit kan ook tot in Algoabaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die hottentot seabream.
Hottentot | |
---|---|
Enkeling by Finlay's Point naby Simon-stad, en 'n skematiese uitbeelding | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. blochii
|
Binomiale naam | |
Pachymetopon blochii (Valenciennes, 1830)
| |
Sinonieme | |
Cantharus blochii (Valenciennes, 1830) |
Voorkoms
wysigDie vis is vet, silwergrys met donker vinne, 'n blougrys pens en 'n klein bek. Die vis word 54 cm lank en tot 3 kg swaar.
Habitat
wysigDit kom voor in vlak rotsagtige gebiede en kelpbeddings tot op 'n diepte van 55 m. Die vis is 'n omnivoor.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal.
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
Verwysings
wysig- ↑ MarineSpecies.org (en)