Nelson Mandela-universiteit
(Aangestuur vanaf Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit)
Die Nelson Mandela-universiteit (NMU) is 'n tersiêre opleidingsinstansie in Suid-Afrika wat grotendeels in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gesetel is. Die universiteit het vanaf sy stigting in 1965 tot in 2005 as die Universiteit van Port Elizabeth (UPE) bekendgestaan, daarna as die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en van 23 Junie 2016 as die Nelson Mandela-universiteit.[2]
Nelson Mandela-universiteit | |
---|---|
Leuse: | For Tomorrow |
Gestig: | 1 Januarie 2005[1] |
Tipe: | Openbare universiteit |
Kanselier: | Geraldine Fraser-Moleketi |
Personeel: | 4 063 |
Studentetal: | 28 000 |
Voorgraadse studente: | 23 500 |
Nagraadse studente: | 4 500 |
Ligging: | Gqeberha, Oos-Kaap en George, Wes-Kaap 34°00′30″S 25°40′14″O / 34.008416°S 25.670586°O |
Kampus: | voorstedelik |
Sport: | Aërobiese oefeninge, Atletiek (Baan en veld, landloop en padwedlope), Basketbal, Boks, Boogskiet, Branderplankry, Dans, Gholf, Gimnastiek, Hokkie, Judo, Karate, Krieket, Muurbal, Netbal, Pluimbal, Roei, Rugby, Ruitersport, Sagtebal, Skaak, Sokker, Swem, Tafeltennis, Tennis, Vlugbal. |
Kleure: | Vlootblou en wit met 'n spatsel donkerrooi |
Bynaam: | Madibaz |
Gelukbringer: | Diba die dolfyn |
Affiliasies: | IAU, AAU, HESA, ACU |
Webtuiste: | http://www.nmmu.ac.za/ |
Fakulteite
wysig- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Geneeskunde
- Kunste
- Landbouwetenskappe
- Natuurwetenskappe
- Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit se Besigheidskool
- Onderwys
- Regsgeleerdheid
- Tegniek, Geboude Omgewing en Inligtingstegnologie
Kampusse
wysigDie Suidkampus is 'n reuse kompleks van omtrent 830 hektaar wat voorheen deur die Stadsraad van Port Elizabeth geskenk is. In 1983 word die gebied tot natuurreservaat verklaar.
Die universiteit bestaan tans uit die volgende kampusse:
- Suidkampus, Somerstrand, Port Elizabeth
- Noordkampus, Somerstrand, Port Elizabeth
- 2de Laan-kampus, Somerstrand, Port Elizabeth
- Missionvale-kampus, Uitenhageweg, Port Elizabeth
- Birdstraat-kampus, Sentraal, Port Elizabeth
- Saasveld, George
Verwysings
wysig- ↑ NMMU geskiedenis verkry op 4 Julie 2013 Geargiveer 3 Junie 2013 op Wayback Machine (en)
- ↑ (en) NMMU gets new name Geargiveer 30 Junie 2016 op Wayback Machine, The Herald, 30 Junie 2016.